Hoe Verklaar Jy Dit? (rsg Potgooi)

Informações:

Synopsis

Wetenswaardighede oor die natuur en die wetenskap.

Episodes

  • Hoe verklaar jy dit?

    11/10/2020

    Hoe is dit moontlik dat aardvarke miljoene jare kan oorleef terwyl hulle stapelvoedsel slegs termiete is? Was daar te alle tye termiete? Hoekom grawe aardvarke net gate in die noordelike aansig van termietshope? Wat is aardvark-komkommers? Hoe op aarde beland 'n miniatuur papaja binne in die groter een? En, hoe moet ons leef in die tyd van Covid?

  • Hoe verklaar jy dit?

    04/10/2020

    Hoekom word 'n nasale depper deur jou neusholte gesteek om 'n bewys te kry van die Coronavirus? Hoekom kan 'n monster nie uit jou keel geneem word nie? Hoe word vasgestel dat jy reeds anti-liggaampies het? Is die gesigsveld van werweldiere se oë ongeveer 360 grade? Is daar 'n derde oog? Hoe werk dit? Is daar al 'n studie van byvoorbeeld die verkleurmannetjie se oë gemaak? Wat is stereoskopiese diepte?

  • Hoe verklaar jy dit?

    27/09/2020

    Op watter manier bevat plutonium soveel meer potensiaal as uraan-235, of waar lê die knoop? En hoe werk dit? Wil jy meer weet oor kern-klowing? Hoe kry sekere diere dit reg om in koue temperature van minus 80 grade Celsius te oorleef? En hoekom vreet verkleurmannetjies nie gedroogde meelwurms nie?

  • Hoe verklaar jy dit?

    20/09/2020

    Hoe moet ons eties en moreel teenoor die grond optree? Hoekom moet jy soms onkruid toelaat in jou tuin? Al gehoor van 'n plantjie genaamd die Blou Trots Van Nieuwoudtville?

  • Hoe verklaar jy dit?

    13/09/2020

    Hoekom het perde sulke groot oë? Is dit moontlik dat daar dalk al 'n meteoriet in die Witbank-omgewing in die Noord-Kaap geval het? Wat is die storie van die periodieke reënbuie aan die Tuinroete? En, is daar 'n verklaring vir die verandering in daglengtes?

  • Hoe verklaar jy dit?

    06/09/2020

    Hoe weet 'n mannetjie rooiborsduif dat hy moet begin nes bou om gereed te maak vir die wyfie om eiers te lê? Watter invloed het straatligte en veiligheidsligte op plante? Hoe plant verkleurmannetjies voor?

  • Hoe verklaar jy dit?

    30/08/2020

    Wil jy meer weet oor navigasie in die diereryk? Wat is die verklaring van 'n rigtinglose mens?  Kan die mens dieselfde tegnieke gebruik om te navigeer as diere? Navigeer mans en vroue verskillend? Hoe navigeer jy met die son? Waar is die fossiele van prehistoriese soogdiere soos perde, honde, bokke en olifante?

  • Hoe verklaar jy dit?

    23/08/2020

    Hoe beland 'n klein spinkaantjie binne-in 'n hoendereier? Hoekom vlieg 'n vliegtuig en vaar 'n boot teen knope? Hoekom vlieg 'n vliegtuig nie teen kilometer per uur of myl per uur nie? Hoekom is daar seemyl en nie net 'n gewone myl nie? Wat is die verskil tussen 'n metrieke ton en 'n gewone ton?

  • Hoe verklaar jy dit?

    16/08/2020

    Wat is die verskil tussen valke en arende? Weet jy dat swerfvalke teen sowat 250 km/h kan duik? Kry 'n mens seekatte wat in varswater voorkom?

  • Hoe verklaar jy dit?

    09/08/2020

    Hoekom het mense nie sterte nie? Wat is die funksie van die stert by soogdiere? Wat is die storie met krapspinnekoppe en jakkalsvlieë, en kan daar simbiose tussen die twee bestaan?

  • Hoe verklaar jy dit?

    02/08/2020

    Kan sekere diere deur ander diersoorte of spesies gesoog word? Wil jy meer weet oor die witkruisarend? Wat is hulle rooftegnieke en broeigewoontes? Het jy geweet roofvoëls kan vir dekades en selfs honderde jare op een plek nesmaak? En is dit waar dat die mannetjies by roofvoëls een derde kleiner as die wyfie is?

  • Hoe verklaar jy dit?

    26/07/2020

    Hoe het buideldiere, wat eie aan Australië is, van daar na Noord-Amerika versprei? Wat is 'n vlam, en hoekom is dit sigbaar? En hoekom beweeg 'n drywende voorwerp na die stroom water wanneer jy 'n bak vol water tap?

  • Hoe verklaar jy dit?

    19/07/2020

    Hoekom is sekelbos 'n indringerplant in Noord-Natal, hoewel dit 'n inheemse boom is? Het jy geweet die mens gebruik rubber al langer as 1000 jaar? Wat is entropie? Hoe het duursame motorbande ontstaan?

  • Hoe verklaar jy dit?

    12/07/2020

    Leer meer oor reënwoude. Wat is die sedimentêre gesteentes wat 'n luisteraar in Nieu-Seeland gesien het? Hoekom word vere, soos bladvere en spiraalvere in voertuie, mettertyd pap? En wat is die ewolusionêre rede vir die geweldige hoeveelheid voëls met swart vere op die kop?

  • Hoe verklaar jy dit?

    05/07/2020

    Hoe het olifante wat hul ontstaan in Afrika het, in Indië beland? Hoekom verskil die lesing op jou badkamerskaal as jy op dit klim wanneer die skaal op 'n matjie staan teenoor die lesing as die skaal op 'n harder oppervlakte staan? En, hoe gevaarlik is radiogolwe vir daardie voëls wat so rustig in selfoontorings sit en broei?

  • Hoe verklaar jy dit?

    28/06/2020

    Wat is optimistiese vooroordeel of onrealistiese optimisme? Hoe het virusse ontstaan?cHoekom werk antibiotika nie teen virusse nie?cWaaruit bestaan virusse? Wat is die perderunnik-kriek? Hoekom vreet voëls motte, maar nie skoenlappers nie?

  • Hoe verklaar jy dit?

    21/06/2020

    Is pseudo-swangerskappe by diere moontlik? Hoe kan 'n koei melk produseer as sy nie gekalf het nie? Hoe is die enorme rotsblokke op die Nan Madol eiland pasgemaak, bewerk en vervoer?

  • Hoe verklaar jy dit?

    14/06/2020

    Kan diere tel? Indien wel, tot hoe ver? Is daar onder die soogdierspesies enige voorbeelde van 'n manlike en vroulike indiwidu wat lewenslank paar? En, is 'n luisteraar in die kol as hy sê dat hy moontlik 'n mikro-meteoriet op die sinkdak van sy braaiarea kon hoor?

  • Hoe verklaar jy dit?

    07/06/2020

    Hoe kry knopiespinnekoppe dit reg om so ongesiens jou huis binne te kom? Het jy geweet dat dit slegs die byt van 'n wyfie-knopiespinnekop is wat giftig vir die mens is? Weet jy dat wanneer 'n knopiespinnekop bedreig word, val hy skielik grond toe en maak of hy kamtig dood is? En kan jou troeteldier die coronavirus na jou oordra?

  • Hoe verklaar jy dit?

    31/05/2020

    Wat op aarde is die vreemde muis wat 'n luisteraar in die Beaufort-Wes-distrik gewaar het met die lang snoet en koddige ronde lyfie? Waar kom die kleure van blomme vandaan? Was blomme eers kleurloos of het almal dieselfde kleur gehad? Hoe het die seevlak oor die eeue heen verander?

page 1 from 2